HOëRSKOOL Jeugland het gister met groot opgewondenheid sy matrikulante van 2016 se uitslae uitgedeel.
196 Jeugie-matrikulante het laasjaar die eksamen geskryf. Die skool se slaagsyfer was 98% met 49% wat universiteitsvrystelling gekry het.
“Ons is baie trots op al ons leerders, maar ons is veral trots op ons 13 toppresteerders van 2016,” het die hoof, dr David Morris, gesê.
Die toppresteerders was Ivan Eloff met nege onderskeidings, Monja Bothma, Ruben Cornelius, Zane Smith, Johannes van Staden en Monique Visser met ses onderskeidings elk, Adelene van Zyl met vyf onderskeidings en Chene Horn, Shae Horner, Kyla Muller, Zede-Lee Robberts, Johane Vermeulen en Duane Viljoen met vier onderskeidings elk.
In totaal het die matrikulante 136 vakonderskeidings behaal.
