VAN Hoërskool Kemptonpark se matrikulante het gisteroggend met groot opgewondenheid hul matriekuitslae gaan afhaal.
235 Kempie-matrikulante het laasjaar die eksamen geskryf. Die skool se slaagsyfer was 99% met 69.8% wat universiteitsvrystelling gekry het.
Onder die Kempies se toppresteerders is Wouter Nel met 10 onderskeidings, Chante de Bruyn met nege, Francois Erasmus met ag en Deanda van Zyl, Chani Steyn, Brigitte Snyman, Dane Broodryk en Rochelle van Dyk met sewe onderskeidings elk.
Express wag nog vir die volledige uitslae van die skool.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
