NewsSchools

Kwagga is weer ‘n Kempie

'Dit is tyd om terug te gee aan ‘n skool en ‘n gemeenskap wat my gehelp vorm het.'

KWAGGA Loubser is vanaf 1 Januarie as Hoërskool Kempton Park se hoof van bemarking en rugby-organiseerder aangestel.

Loubser is ‘n oud-Kempie wat in 1996 gematrikuleer het. Hy was ook vanaf 2008 tot 2013 die rugby-organiseerder by die skool.

In die twee jaar wat hy aan die stuur van die eerste rugbyspan was, het Kempies die Beeldtrofeë in 2012, teen Hoërskool Monument, by Monnas gewen, terwyl die span ook Beeldtrofeë-naaswenners in 2013 was.

Loubser is ook sedert 2013 die Valke se Cravenweekafrigter en is in 2015 tot die Valke Hoërskole Rugbyvereniging se bestuur verkies. Hy is ook die liga-sekretaris van die Leeus, Luiperds en Valke Makro-skoleliga.

Op die vraag waarom hy die pos by die Kempies as hoof van bemarking aanvaar het, was die antwoord maklik: “Ek het in Kemptonpark grootgeword en gematrikuleer. Die gemeenskap van Kempton was nog altyd ‘n gemeenskap wat omgegee het.

“Verder het ek gevoel dit is tyd om terug te gee aan ‘n skool en ‘n gemeenskap wat my gehelp vorm het in die persoon wat ek vandag is, asook my die geleenthede gebied het om my drome en ideale te verwesenlik.

“My hoofdoel is om die Kempies se ses waardes van integriteit, lojaliteit, omgee, respek, self-dissipline en uitnemendheid ten alle tye uit te leef en my beste daagliks vir my mede-Kempies te gee. Ek glo dat indien die skool en die gemeenskap hande neem en saam staan dat Kempies die nommer een skool op alle gebiede in die land sal wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button