Editor's choiceLocal newsNews

Ontmoet die ware roosverkopers

Hulle sal ’n T-hemp met Casa Caritas se embleem aan hê asook ’n 2017 magtigings brief.

HET jy al hierdie roos- en sagte speelgoed-verkopers in restaurante of kuierplekke gesien?

Casa Caritas wil graag die gemeenskap in kennis stel wie die mense is wat wettiglik verkopers is vir hul instansie en hulle bedank vir hul harde werk.

“Impressions” is ‘n maatskappy wat ‘n groot verskil maak by Casa Caritas en ons is hulle baie dankbaar. Ons vra ook aan die gemeenskap om hulle asseblief te ondersteun sou die publiek hulle dalk iewers raakloop,” sê die hoof uitvoerende beampte van Casa Caritas, Adri Kruger.

Hulle werk in die Boksburg, Edenvale en Kemptonpark van Dinsdag tot Saterdag. ‘n Gedeelte van die geld wat met verkope ingesamel word, word aan Casa Caritas geskenk.

Die verkopers werk ook slegs op ‘n streng kommissiebasis.

Slegs dié verkopers (soos in die foto) tree op ten bate van Casa Caritas. Hulle sal ’n T-hemp met Casa Caritas se embleem dra en altyd ’n 2017 magtigingsbrief van Casa Caritas by hulle hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button