Local newsNews

Vories nooi jeug na hul gospelfees

Kaleideo in Kemptonpark se orkes gaan die sang begelei

TER viering van die 50ste bestaansjaar van Eben Dönges-kommando in Benoni, word alle Christen-jeug genooi na ‘n gospel-jeugfees op 24 Maart.

Voortrekkers is ‘n jeugbeweging en Christenskap is een van die pilare van die ABCD van die Voortrekkers.

Dit vind plaas by Laerskool Brentwoodpark op die hoek van Highweg en Vryburgerstraat.

Daar is drie groepe: gr R-3 (5.15nm tot 6.30nm), gr 4-7 (6.30nm-8nm) en gr 8-12 (8nm-9.30nm). Elke groep gaan lof- en aanbiddingsliedere sing, ‘n spreker gaan met hulle gesels oor laat jou lig skyn en die sessie word afgesluit met nog lof- en aanbiddingsliedere.

Kaleideo in Kemptonpark se orkes gaan die sang begelei en die sprekers is Leoné Kruger, Janco Mocke en Gideon du Preez. Daar sal verversings te koop wees. Meer inligting is op die kommando se Facebookblad beskikbaar.

Vir navrae oor die fees en die kommando se werksaamhede, skakel kommandoleier Tarina van der Merwe by 083 785 5345 of adjunkleier (jeug) Anton Grobbelaar by 082 880 3839.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button