Local newsNews
Magriet maak skoonskip by VLU se prysuitdeling
Die tak het op 16 Maart sy prysuitdeling gehou
MAGRIET Fourie het met die groot prys by Kemptonpark VLU se prysuitdeling op 16 Maart weggeloop.
Sy het die trofee ontvang vir die meeste punte en algehele wenner.
Sy het ook eerste plekke vir haar inskrywings in breiwerk, gebak, gebottel, lekkers, mikrogolf en die ope afdeling verower.
Die tak se voormalige voorsitter en nou nuwe skakelbeampte, Lulu Pieterse, het eerste plekke in handvlyt, tuinbou, blommerangskikking en meeste punte vir konferensie- en kongres-artikels ingepalm.
Julie Louw het die trofeë vir hekelwerk en masjienwerk gewen, terwyl Miemie van der Walt en Lulu gesamentlik eerste was in die afdeling vir fotografie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
