Local newsNews

Kom proe wyn by gastehuis

Van die beste variteite van wyn sal beskikbaar wees en wyn kan ook gekoop word

LE Chateau Gastehuis en Konferensiesentrum bied op 21 April vanaf 6nm tot 10nm ‘n wynproe-funksie aan saam met Tjokkie Stegmann, iemand wat reeds 40 jaar se ervaring in die bedryf het.

Kom kuier lekker saam en knibbel by die oorspronklike ou Terenure-plaashuis met sy bekende Kaap-Hollandse styl en pragtige tuine. Die adres is 62 Abelstraat, Terenure.

Van die beste variteite van wyn sal beskikbaar wees en wyn kan ook gekoop word.

Die prys van R150 ‘n persoon sluit in die proe van sewe verskillende wyne, asook ‘n kaasbord, soutighede en verskeidenheid vingerhappies. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar.

Besprekings kan gedoen word by 011 393-4949 of op die webtuiste www.lechateay.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button