NewsSchools

Oos-Rand Akademie vier 21ste verjaarsdag

Die skool het in 1996 met 35 leerlinge geopen

OOS-RAND Akademie het vanjaar sy 21ste verjaarsdag op 16 April gevier.

Die leerlinge het die geleentheid gehad om die laaste dag van kwartaal een ‘n boeresport van hul keuse te hou en elkeen is beloon met ‘n sjokolade en ‘n lekker pretdag saam met maats en personeel.

Die skool het in 1996 met 35 leerlinge geopen met dr Tersia King as hoof. In 1997 het Johan Kruger as hoof oorgeneem. Vandag het die skool 144 leerlinge. In 2013 het Annatjie Smith die skool gekoop.

René Jordaan, die huidige hoof, beklee al vir nege jaar hierdie posisie en sy het gesê dat hulle in hierdie tyd nog elke jaar ‘n 100 persent matriekslaagsyfer gehad het.

Die skool was vroeër jare net ‘n laerskool, maar het mettertyd gegroei tot waar hulle vandag leerlinge van kleuterskool tot matriek het. Die skool is een van die min privaat Afrikaanse skole in die gebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button