Birchleigh Biblioteek oorhandig prys aan vrou wat inskryf
Die kompetisie sluit op 23 September
DIE vriende van Birchleigh Biblioteek het gedurende hul samekoms in Junie ’n trekking uit al die foto-inskrywings vir die fotokompetisie wat hulle die afgelope twee maande ontvang het, gedoen.
Die gelukkige wenner van die trekking was Susan Jordaan, wat ’n mini-foto-album ontvang het. Daar sal maandeliks ’n trekking gedoen word.
Die kompetisie sluit op 23 September. Foto’s wat ingeskryf word moet uitbeeld hoe daar aan ander uit ’n boek voorgelees word.
Alle fondse wat ingesamel word, is ten bate van Birchleigh Biblioteek. Die inskrywingsgeld is R30 ’n foto.
Foto’s kan by Birchleigh Biblioteek ingehandig word of stuur elektronies na furstem@telkomsa.net.
WhatsApp ook foto’s na die volgende nommer: 081 470 4496.
