NewsSchools

Jeugie-extravaganza skitter weer

Die vertoning het hoë lof van die gaste ontvang

MET die jaarlikse opvoering van Hoërskool Jeugland se extravaganza, het die Jeugies aan bekendes ’n toekenning vir hul bydrae tot Afrikaans oorhandig.

Met die produksie se naam, “Groot is Afrikaans”, was die gehoor, van klein tot oud, deur die Jeugies se vertoning stom geslaan.

Die groep het die week op 25 Julie met ’n vertoning vir die stad se oumas en oupas afgeskop. Die skool nooi jaarliks inwoners van tuistes vir bejaardes uit om die vertoning te kom geniet.

Die Woensdag was dit die laerskole se beurt en Van Riebeeck Park, Edleen, Birchleigh, Kruinsig en Impala het hul graad ses en sewe leerders gedurende skooltyd gestuur om die produksie te beleef.

Van 26 Julie tot die gala-aand op 29 Julie, het die Jeugies verskeie bekendes vereer. Dewald Wasservall, Elsa Esterhuizen, Ghapi en sy vrou Ingrid Botha, Suzzi Swanepoel, Jacques de Villiers (Joshua na die Reën), Joe Voster, Germandt Geldenhuys en Anton Pottas het by die Jeugies gekuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button