Local newsNews

AfriForum ry tonne vullis weg by polisiestasie

Meer as 350 vullissakke se vullis is tydens die skoonmaakaksie verwyder

DIE burgerregte-organisasie AfriForum se Kempton Park-tak en -buurtwag het einde laasmaand, in samewerking met vrywilligers uit die gemeenskap, meer as 1,7 ton vullis voor en om Kemptonpark polisiestasie verwyder.

Lees ook:

AfriForum se jeug sê nee vir morsjorse

“Pleidooie aan die Ekurhuleni Plaaslike Munisipaliteit om vullis wat onwettig hier gestort word skoon te maak het bloot op dowe ore geval, wat AfriForum genoodsaak het om in te gryp,” sê Marie Naude, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng-Suid.

“Meer as 350 vullissakke se vullis is tydens die skoonmaakaksie verwyder. Die polisiestasie word daagliks deur talle mense besoek en daarom is die netheid van dié gebied baie belangrik,” sê Rian van Jaarsveld, voorsitter van die plaaslike tak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button