Kempton-Kruin vier Vrouedag op 26 Augustus
Die bekende ds Liesel Krause Wiid gaan die hoofspreker wees
Kempton-Kruin se vroue bied hulle jaarlikse Vrouedagvierings op 26 Augustus in die kerksaal van die NG Gemeente Kempton-Kruin aan.
Die tema vir vanjaar is waag om te verander.
Diegene wat die afgelope paar jaar daar was, sal getuig dat dit ‘n heerlike kuieroggend is met iets vir die gees en vlees.
Die dag se aktiwiteite beloof baie interessant te wees. Die bekende ds Liesel Krause Wiid gaan die hoofspreker wees. Vroue gaan leer van wat in om ons dieet om te verander en dan is daar ook ‘n Kersfees-chef verrassing. Rian Swanepoel sal vir die musiek en sang sorg.
Daar sal ook verskeie uitstallings wees.
Die funksie duur van 8.15vm tot 1nm by die kerk in Fiskaalstraat.
Die koste is R150, wat ‘n ligte ete insluit
Vir besprekings, skakel die kerkkantoor by 011 391 1343
