NewsSchools

Boelies uit, maaltafels in by die Impies

Skool rig borde op as deel van hul projekte

LAERSKOOL Impala is streng teen boelies gekant.

Leerlinge moet gemaklik en veilig voel om hulself te wees en hul talente by die skool uit te leef.

As deel van Laerskool Impala se Stop Boelies-projek, het elke leerling ‘n spesiale stop boelie-plakker gekry sodat hulle kan verkondig dat hulle nie boelies is nie.

MET hierdie tafelborde oral teen die mure het Impies geen verskoning om nie hul tafels te ken nie.

Saam met die plakkers is daar ook spesiale borde gemaak. Dit is teen boelies gerig en sal oral op die skoolterrein opgaan.

Terwyl daar geen plek vir boelies by die skool is nie, is daar wel baie ruimte om jou maaltafels te leer ken.

Wiskunde is ‘n uitdaging vir enige leerling wat nie sy tafels ken nie. Daarom het Impala as deel van ‘n wiskunde-inisiatief maaltafelborde ontwerp en by leerders se wisseltrappe opgesit, sodat hulle hul geheue kan verfris en hul tafels deurgaan voor hulle by wiskunde instap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button