Kemptonpark VLU sprei hul vlerke
Comair het die afgelope 70 jaar van sy bestaan nog nooit 'n bedryfsverlies getoon het nie
KEMPTONPARK Vroue Landbou Unie se lede en gades het op 28 Julie Comair se opleidingsentrum in Rhodesfield besoek.
Comair het die afgelope 70 jaar van sy bestaan nog nooit ‘n bedryfsverlies getoon het nie.
Kapt Glen Warden en senior eerste offisier Mitch Hattingh het vertel hoe Comair in September 1946 in Egipte, met die samewerking van IMS Maritz, AC Joubert en L Zimmerman, tot stand gekom het.

Die heel eerste vlug van Comair was vanaf die Randse Lughawe na Durban in ‘n Fairchild UC-78.
Vandag beskik Comair oor ‘n moderne vloot van onder meer Boeing 737-400 en Boeing 737-800 vliegtuie en bedien verskeie roetes tussen Johannesburg, Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, George, Oos London, asook Mauritius, Harare, Victoria Falls en Livingstone.
Die opleidingsentrum lei vlieëniers vir Comair en verskeie ander lugrederye op. Comair verskaf ook opleiding aan kajuitbemanning sowel as operasionele personeel.
Vlugbeamptes ontvang uitgebreide opleiding oor die veiligheid van passasiers aanboord die vliegtuig en is bekwaam om elke noodsituasie die hoof te kan bied.
