NewsSchools

Oud-Jeugie as adjunk by Kempies aangestel

'Ek sien baie uit na die geleentheid om die skool en gemeenskap te dien'

‘n OUD-JEUGLANDER is as nuwe adjunkhoof by Hoërskool Kemptonpark aangestel.

Francois de Kock het in Kemptonpark grootgeword en was ook ‘n leerling van Laerskool Edleen.

Hy neem oor by Rinus de Jager wat die skool verlaat het.

In 1992 het hy sy onderwysloopbaan aan Hoërskool Jeugland begin, waana hy na Pretoria verhuis het en daar aan ‘n paar hoërskole verbonde was.

De Kock se onderwysfilosofie behels die skep van ‘n gelukkige klimaat waarin leerlinge optimaal kan ontwikkel. Dit sluit aan by Einstein wat gesê het: “Try not to become a man of success, but rather to become a man of value”.

“Dit is vir my ‘n voorreg om as adjunkhoof by die Kempies aangestel te word. Ek sien baie uit na die geleentheid om die skool en gemeenskap te dien en die ryke tradisies wat by Kempies gevestig is, verder te ontwikkel en uit te bou. Dit is my doel om waarde toe te voeg tot Kempies en die gemeenskap,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button