NewsSchools

Jeuglanders van die Jaar aangewys

Hulle sluit hul skoolloopbane op 'n hoë noot af.

BY Hoërskool Jeugland se jaarlikse meriete-aand het twee leerders bo die ander Jeugies uitgestaan deur met van die top toekennings weg te stap.

Petra Coetzer en Luke de Beer, wat beide graad 12-leerders is, het hul skoolloopbaan op ’n hoogtepunt afgesluit.

Petra spog met die volgende toekennings: vaktoekennings in fisiese wetenskap, lewenswetenskap, musiek, rekenaartoepassingstegnologie, wiskunde en Alpha wiskunde.

Sy het ook die toekenning vir die beste akademiese prestasie in graad 12, asook die beste volgehoue akademiese prestasie vanaf graad agt tot 12, ontvang.

Petra is ook as Dux-leerling en Jeuglander van die Jaar (meisies) aangewys.

Luke de Beer spog met vier top toekennings, naamlik senior hokkiespeler van die jaar (seuns), revuespeler van die jaar (seuns), kultuurpersoonlikheid van die jaar (seuns) en Jeuglander van die Jaar (seuns).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button