Local newsNews

Diens op Versoeningsdag

Die Voortrekkerbeweging sal by die geleentheid diens verrig.

VERSOENINGSDAG is vanjaar weer ’n geleentheid waar alle inwoners van Kempton Park genooi word om die aflegging van die Gelofte op 16 Desember 1838 te herdenk.

Die diens vind op 16 Desember in die Gereformeerde Kerk Kempton Park Noord op die hoek van Veldstraat en Monumentweg plaas. Ds Alwyn Tredoux sal die diens om 9vm lei.

Die Voortrekkerbeweging sal by die geleentheid diens verrig. Die kollekte wat opgeneem word is ten bate van Allenpark-ouetehuis.

Kom ons maak van die geleentheid gebruik om ons voor die Here te verootmoedig. Daar is soveel sinnelose geweld in Suid-Afrika dat hierdie dag, met versoening as tema, tot ’n vredevolle naasbestaan van alle Suid-Afrikaners kan bydrae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button