Local newsNews

Bobby tree by kindersentrum se kultuuraand op

Die doel van die aand was om elke kind sy oomblik van “roem” op die verhoog te gee

Xcellence Kindersentrum was Vrydagaand bevoorreg om die gewilde broer en suster, Bobby en Karlien van Jaarsveld, by hulle op die verhoog te verwelkom.

Die twee het tydens die sentrum se jaarlikse kultuuraand by Kaleideo in Fiskaalstraat opgetree.

Die eienaar van die kindersentrum, Alet Meyer, het gesê die doel van die aand was om elke kind sy oomblik van “roem” op die verhoog te gee.

Sien nog foto’s hier

Vyf-en-sestig kinders het die aand opgetree in ‘n verskeidenheid van items, van dans tot sing en komedie deur Jean Meyer (aka Jean-athan). Verder was daar voordragitems, gimnastiek, ballet en gevegskuns.

Dit was Bobby se eerste optrede na sy onlangse keeloperasie.

“Ons probeer om elke jaar ‘n bekende kunstenaar te kry en hierdie jaar was dit Bobby en Karlien. Ons het meer as 600 kaartjies verkoop,” het Meyer gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button