Local newsNews

Leeskring beplan ‘n opwindende jaar

Inwoners word aangemoedig om by die groep aan te sluit.

Die leeskring, onder die sambreel van die Vriende van die Kempton Parkse Biblioteke, begin met hul program vir 2018 op 14 Februarie.

Hul werkwyse is so: vier lede kry die voorgeskrywe boek wat hulle gedurende die maand voor die byeenkoms moet deel en lees. Een vrywillige lid berei haar deeglik voor en bespreek dan met die hele groep daardie boek en onderwerp.

Soms kry hulle ook ’n spreker van buite. Dis altyd interessante en verrykende gesprekke.

Die titels wat deur die lede gekies is, behels ’n wye spektrum vanaf moderne romans tot een of twee Engelse topverkopers.

Hierdie is die boeke wat hulle gedurende 2018 gaan behandel:

Sister (Rosamund Lupton), Die Aanspraak van Lewende Wesens (Ingrid Winterbach), Cry, the Beloved Country (Alan Paton), Broedertwis (Albert Blake), Moer toe die vreemde in (C Johan Bakkes), Fame (Daniel Kehlmann), Valsrivier (Dominique Botha) en Born a Crime (Trevor Noah).

Hulle kom elke tweede Woensdagoggend van die maand om 9.30vm in die ouditorium van Birchleigh-biblioteek bymekaar en begin met ’n koppie koffie of tee.

Jaargelde is R100 waarmee boeke aangekoop word indien die plaaslike biblioteke nie genoeg kan voorsien nie en dit sluit ook lidmaatskap by Die Vriende van die Kempton Parkse Biblioteke in.

Hul oortollige boeke word na afloop van die vergadering aan die Vriende van die Biblioteke geskenk.

Vir meer inligting en om aan te sluit skakel Susan by 011 972 4824 of 072 327 9063.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button