Local newsNews

Gilde hou Valentynsdans by Birchleigh

Daar sal pryse wees vir die besgeklede paartjie, asook vir die paartjie wat eerste op die dansvloer is.

’n Valentynsdans word op 17 Februarie deur die Witwatersrandtak van die Boeremusiekgilde by Hoërskool Birchleigh gehou.

Gaste is welkom om hul eie kosmandjies en drinkgoed saam te bring. Daar sal vure beskikbaar wees vir diegene wat ’n vleisie wil braai. Pap en sous word gratis deur die gilde verskaf.

Daar sal pryse wees vir die bes geklede paartjie, asook vir die paartjie wat eerste op die dansvloer is.

Kaartjies kos R40 vir lede en R60 vir nie-lede. Kinders kan dit verniet bywoon.

Van die orkeste wat gaan optree, is Frank Tylor en sy orkes, Corrie Notjie en die manne, Gatskop Dansorkes en Corrie Visagie.

Die dans begin om 6nm. Kaartjies is beskikbaar by Ilze (072 610 4913) of Adriaan (082 411 9983).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button