Laerskool Impala is by die jaarlikse Ekurhuleni-Noord distrikstoekennings op 16 Februarie by Kempton Park Burgersentrum as die naasbeste kultuurskool in die streek aangewys.
Die skool se leerders het ook met talle toekennings weggestap.
Die toekennings is gehou vir sport, waardes in opvoeding en kultuur vir afrigters, organiseerders, skeidsregters en leerders.
Die volgende Impies spog met toekennings: Sonja Pothumus (kultuurmeisie van die jaar), Layla Venter (derde kultuurmeisie van die jaar), Lukas Janse van Rensburg (sportseun van die jaar), Ruan Pienaar (skeidsregter van die jaar), Lawrence Smith (tweede afrigter van die jaar), Kayla Roos (tweede kultuurmeisie van die jaar), Caylin Olivier (sportmeisie van die jaar) en Bernelee Doster (tweede sportmeisie van die jaar).
