Local newsNews

Birchleigh-egpaar vier 63 jaar

"Praat dinge uit en moenie kwaad gaan slaap nie."

Jan (84) en Gerrie (82) Nel van Birchleigh het op 22 Februarie hul 63ste huweliksherdenking gevier.

Dié mylpaal, sê Gerrie, is net te danke aan genade en die feit dat Jan haar nog so mooi behandel.

Die twee verliefdes het mekaar in 1953 in Standerton ontmoet en is twee jaar later getroud. Voordat Jan in 1993 met pensioen gegaan het, het hy en Gerrie vir 28 jaar in Ermelo gewoon.

Hier was Gerrie ’n krediet-kontroleerder by Edgars en Jan ’n elektriese voorman by Ermelo-myne. Daarna het die twee na Birchleigh verhuis, waar hulle ’n huis gebou het waar hulle vandag steeds bly.

Saam het hulle ’n kroos van kinders – twee kinders, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders. ’n Familie van 12 en dit is nie eers die skoonkinders bygetel nie.

Volgens Gerrie is daar nie regtig ’n geheim om so lank getroud te wees nie. Haar raad aan jonggetroudes is: “Praat dinge altyd uit en moenie kwaad gaan slaap nie.”

Drie-en-sestig jaar terug, op 22 Februarie, is Jan (toe 21) en Gerrie Nel (toe 19) getroud. Vandag het hulle twee kinders, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button