‘n Egpaar wat al 24 jaar in Kempton Park woon, vier op 7 Maart hul 54ste huweliksherdenking.
Chris en Elsie Opperman is in 1964 getroud, nadat hulle op die Transkaroo ontmoet het. Hulle was so verlief dat hulle in 11 maande die knoop deurgehaak het.
Hulle is in Bethlehem in die Vrystaat getroud.
Chris het vir 39 jaar in die poskantoor gewerk. Die egpaar is beide afgetree en het drie kinders, Lettie, Christo en Carina, sewe kleinkinders, Hennie, Elisca, Christiaan, Tiaan, Hendri, Edian en Matthew, en twee agterkleinkinders, Claudia en CJ, met die derde agterkleinkind op pad.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

