Local newsNews

Stigterslid van gemeente oorlede

Sy plekkie in die kerk was bitter min leeg.

‘n Jarelange inwoner van Kempton Park is op 26 Februarie oorlede.

Tienie van Staden (91) en sy vrou Bettie het vir 61 jaar hier gebly. Die egpaar het op 9 Januarie hul 64ste huweliksherdenking gevier.

Oom Tienie was verbonde aan die Gereformeerde Kerk Kemptonpark-Noord en was een van die stigterslede van die gemeente in 1966.

Deur al die jare wat oom Tienie lid van die gemeente was, was sy plekkie in die kerk baie min leeg. Hy het die Sondag voor sy afsterwe nog nagmaal gevier.

Tannie Bettie het haar man met baie moeite Sondae vir kerk gereed gemaak.

Hy het die boodskap wat hy en tannie Bettie vir die gemeente geskryf het, elke dag uitgeleef:

Geloof: Sterk soos ‘n rots in die branding.

Hoop: Wat met ‘n opgehewe hoof, selfs as dit voel of alles ons ontneem word, dan steeds bly opkyk na Hom by wie ons alles vind wat ons nodig het.

Liefde: Wat in ons harte opwel, rein en vurig, ‘n liefde wat vyande vergifnis skenk en aan vriende trou betoon. Ons geloofslewe is steeds om altyd daarna te streef, om die goeie verwagtings van ons Verlosser, ten opsigte van ons lewe as lidmate van Sy kerk, te regverdig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button