Local newsNews

Egpaar vier vyftig jaar vol liefde

In 1982 het hulle in Kempton Park kom nesskop

Chris en Mollie Groenewald het op 2 Maart hul goue bruilof gevier.

Hulle het mekaar in 1958 ontmoet toe Mollie in Standerd Twee (Graad Vier) was. Hulle het op 2 Maart 1968 die knoop in De Aar deurgehaak.

In 1972 het hulle na Upington verhuis waar Chris ’n nuwe tak vir Federated Timbers oopgemaak het. Die egpaar het ’n paar keer verhuis na onder meer Paarl, Vredenburg en Wellington.

In 1982 het hulle in Kempton Park kom nesskop. Chris het al die jare vir Federated Timbers gewerk totdat die tak in Isando, waar hy bestuurder was, toegemaak het en die maatskappy verkoop is.

Daarna het hy by Iliad Africa Trading (Pty) Limited gewerk en het in 2010 op pensioen gegaan.

Mollie het by die poskantoor gewerk totdat sy hulle eersteling in 1970 verwag het, waarna sy haar toegewy het aan die kinders en die huis.

Hulle het drie kinders, Hannes, Anet en Magda en vyf kleinkinders, Belicia, Eloïse, Sybrandt, Christo en Kobus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button