
Die AP-kerk Kempton Park hou op 24 Maart sy kermis wat om 9vm met ’n boere-ontbyt afskop.
Deur die dag sal daar ook eetgoed soos maalvleis, wors, roosterkoek, worsbroodjies, potjiekos, poeding, pannekoek, vetkoek en maalvleis, kerrie-en-rys, jaffels en gebak te koop wees.
Daar is ook ’n teetuin, handwerk, geskenke, tweedehandse boeke, witolifanttafel, plante, groente, konfyt, heuning, eiers en baie ander stalletjies.
Kinders kan hulself op ’n springkasteel vermaak.
Vir meer besonderhede skakel Marié by 081 452 2980 of Marietjie by 082 879 7645.
Die kerk is op die hoek van Rietfonteinweg en Pioneerstraat, Glen Marais.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
