Opwindende opstelkompetisie vir hoërskoolleerders
Die opstelle sal deur Afrikaansonderwysers beoordeel word

Die Vriende van die Kempton Park Biblioteke se Leeskring bied in samewerking met LAPA Uitgewers ‘n Afrikaanse opstelkompetisie vir hoërskoolleerders aan.
Daar is ‘n junior afdeling vir Graad Agt en Nege leerlinge en ‘n seior afdeling vir Graad 10 tot 12 leerlinge. Almal wat Afrikaans kan skryf word uitgenooi om verhalende opstelle in te stuur.
Die onderwerpe is “Water” en “Voortrekkermonument Hoeksteenlegging 1938”.
Die skrywers kies hulle eie hoofkarakters en die verhaal oor die gekiedkundige onderwerp moet afspeel teen die agtergrond en in die tyd van die onderwerp.
‘n Inskrywingsfooi van R20 word vir elke opstel gehef. Die sluitingsdatum is 31 April.
Die opstelle sal deur Afrikaansonderwysers beoordeel word en die beste opstelle sal in ‘n bundel saamgevat word.
Boekpryse, geskenk deur LAPA, sowel as geskenkbewyse van bekende winkelsentrums, kan gewen word. Die opstelle sal, met die goedkeuring van die deelnemer, ook by ‘n landswye kreatiewe skryfkompetisie, wat jaarliks deur die kultuurvereniging Aksie Vrouekrag aangebied word, ingeskryf kan word.
By dié kompetisie is groot kontantpryse op die spel en die beste opstelle word in die bundel Die Wonder van Afrikaans gepubliseer.
Vir meer inligting oor die leeskringkompetisie sowel as die reëls en inskrywingsvorms, skakel Susan Wilsenach by 072 327 9063 of epos swilsenach@gmail.com.
Die kompetsie is ‘n fondsinsamelingsprojek van Die Vriende en die fondse word vir nuwe boeke vir Birchleigh Biblioteek aangewend.
