Bonaeropark NG Gemeente vier 50 jaar met Elvis Blue, kaas-en-wyn
Oud en jonk word uitgenooi.
Hiep-hiep hoera, die NG Gemeente Bonaeropark verjaar! Dié gemeente in Malpensalaan 32 vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar.
Juis hierom beplan die kerk om groot makietie te hou. Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Elvis Blue gaan op 2 Junie konsert by die gemeente hou. Almal, jonk en oud, is welkom. Kaartjies is by die kerk beskikbaar teen R80 tot R160 per persoon. Die sitplekke sal gemerk word.
Daarna is die feesvieringe steeds nie verby nie. Dieselfe aand sal ’n kaas-en-wyn-aand in die kerksaal gehou word. Kaartjies hiervoor beloop R80 per volwassene en R50 vir kinders onder 12.
Om ’n spesiale element tot die 50-jaar-fees te voeg, is die kerk besig om ’n fotomuur te bou. Hiér kan enige foto’s wat betrekking het op die gemeente van die afgelope 50 jaar vertoon word. Die muur is in tydgleuwe van vyf jaar ingedeel.
Huidige en voormalige lidmate word aangemoedig om hul foto’s tot die versameling te voeg. Solank hulle onthou om inligting oor wie op die foto is, wanneer dit was en wat die geleentheid was, by te voeg.
Vina Liebenberg kan by 011 973 4916 gekontak word vir enige verdere navrae.
