Local newsNews

Woon Impies se spesiale Hemelvaartdiens by

Die diens begin stiptelik om 7.30vm by Laerskool Impala se pawiljoene.

By Laerskool Impala staan almal bankvas in hul geloof.

Elke jaar vier die skool, van graad RR to Graad Sewe, Hemelvaart op ‘n baie spesiale manier. Alle inwoners word uitgenooi om die geleentheid op 10 Mei by te woon.

Tydens hierdie seremonie word leerders geleer wat Hemelvaart beteken en hoekom die dag so spesiaal is.

Impala is op 10 Mei vanjaar (Hemelvaartdag), wat tradisioneel altyd ‘n vakansiedag was, gesluit.

Die hoof, Theo Gouws, het ‘n spesiale godsdienstige vergunning van die Departement van Basiese Onderwys ontvang om dié dag so te gedenk.

Daarom is almal welkom om op dié dag die Impies se spesiale Hemelvaartdiens by te woon. Die diens begin stiptelik om 7.30vm by Laerskool Impala se pawiljoene.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button