Pokkelpensies skitter by nasionale kompetisie
Kleuterskole van regoor Suid-Afrika het deelgeneem.
Birchleigh se Pokkelpens Pophuis-kleuterskool het die gemeenskap se naam hoog gehou by vanjaar se Kleuterzone nasionale kampioenskappe in Pretoria op 22 April.
Kleuterzone is ’n TV program wat stories deur die oë van kleuters regoor Suid-Afrika uitsaai. Die kompetisie het sangoptredes deur die kinders behels.
Die Pokkelpensies het met drie trofeë vir hul geestelike items, naamlik Popcorn, Bubblegum en Houtkruis weggestap. Hiér was hul gebare, dissipline en aksie sonder begeleiding die beste.
“Ouers, kinders en personeel het die geleentheid baie geniet,” het die skool se Dalene Loretz aan Express gesê.
“Dankie aan kykNET en ABS Produksies vir die wonderlike ervaring; saam bou ons die ou kleintjies se selfvertroue.”
Kindertjies wat geskitter het was Morgan Boshoff, McLeod Burger, Kiara Swanepoel, Kaylee Baxter, Ashley Steyn, Travis Stevens, Kaylee Brudvig, Christiaan Esterhuyse, Dan was Keisha van der Vyver, Anja Kotze, Wiehann Nel, Tython Victor, Stephen Hardouin, Hanna Ruck, Arno Cloete en Mia-Leigh Boshoff, Aiden Loubser, Ruan Stevens, Conner Burger, Alexi jansen van Rensburg, Abigail Pretorius, Logan Louwsmaen en Jakes Landman.
Die personeel wat hard gewerk het was Jolene Loretz, Jeane Venter, Ronelle Vermaak, Nicol Steyn, Chantal Mulder, Dalene Loretz en Oupa Jofes.

