NewsSchools

KYK: Kruinie-koor mik na drie uit drie by kompetisie

Die junior koor van Kruinsig is volgens Antoinette Nightingale 'vrek oulik'

Al weet dié koor dalk nog nie of hulle gelukkig genoeg sal wees om vir die derde agtereenvolgende jaar die Sing in Harmonie-koorkompetisie te wen nie, is hulle wel reeds deur na die eindronde.

Die junior koor van Laerskool Kruinsig is volgens Antoinette Nightingale, hul dirigent, “vrek oulik”.

“Ons het Sing in Harmonie in 2016 en 2017 gewen. Ek weet nie of ons dít drie jaar in ’n ry sal wen nie. Mense se verwagting is groot. Ons móét presteer. Die druk is nou groot.”

Volgens haar heers daar wel reeds ’n wengevoel onder die jong koorlede tussen ses en agt jaar oud.

“Ons werk van die begin af hard.”

Die koor is op 17 Junie tydens die derde episode van die sesde seisoen van Sing in Harmonie as die wenners van die junior afdeling aangewys.

Die eindronde van dié reeks van Sing in Harmonie, waarvan die eerste episode op 3 Junie op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai is, sal in September uitgesaai word.

Die Kruinies volg kort op die hakke van Laerskool Van Riebeeck Park se junior en senior kore wat ook na die eindronde deurgedring het.

https://www.facebook.com/673186959444174/videos/1731510226945170/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button