NewsSchools

Riebies wen koorkompetisie op televisie

Koordirigent Gert Pottas som dié oorwinning as “ongelooflik” op.

Laerskool Van Riebeeckpark se senior koor het vanjaar die informele afdeling van die Sing in Harmonie-koorkompetisie gewen.

Albei die skool se kore het na die eindronde deurgedring.

Sing in Harmonie is Anthonie Bougas van Supersterre-faam se breinkind. Dit is tans die grootste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika, gemeet aan televisieblootstelling, pryspakette en aantal inskrywings.

Die senior koor van Laerskool Van Riebeeckpark het vanjaar die informele afdeling van Sing in Harmonie gewen.

Bougas is die aanbieder, skrywer en vervaardiger van dié jaarlikse kompetisie waar honderde kore van laerskole en hoërskole oor die land heen teen mekaar meeding.

“Die kompetisie het hierdie jaar geweldig gegroei. Kore wat na die finaal deurdring is op ’n hoë standaard en harde werk spreek vanself,” sê Bougas.

Volgens hom het die beoordelaars regtig hierdie jaar gesukkel om wenners aan te wys.

“Dit was vir ons ongelooflik om die groei van elke koor te sien sedert die episode-opnames tot die finaal. ’n Mens kan werklik sien dat kore geluister het na die kommentaar en dit geïmplementeer het in hul repertorium.”

Koordirigent Gert Pottas som dié oorwinning as “ongelooflik” op.

Die senior koor van Laerskool Van Riebeeckpark het vanjaar die informele afdeling van Sing in Harmonie gewen.

Die senior koor van Laerskool Van Riebeeckpark het vanjaar die informele afdeling van Sing in Harmonie gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button