Local newsNews

KYK: Biker van Nederland bring beertjie vir plaaslike kankerlyer (5)

Hierdie klein vegtertjie het nou ’n snoesige vriend om haar by te staan.

Bikers met groot harte het gesorg dat ’n vyfjarige kankerlyer van Pomona vandeesweek spesiaal gevoel het toe hulle haar met ’n handgemaakte teddiebeer vanuit Skotland verras het.

Monya van Wyk is in 2016 met limfoblastiese leukemie gediagnoseer. Hiervoor ontvang sy chemoterapie deur ’n kateter wat deur haar bors gaan.

“Sy gaan goed aan en dokters is positief oor haar vordering,” het pa Piet van Wyk aan Express gesê.

Hy het ’n tatoeëermerk van Monya se naam op sy regterarm.

Te danke aan die internasionale Buddy Brotherhood-projek, het Monya nou ’n snoesige vriend wat haar kan bystaan. Dié projek is deur Angèle van der Wiel van Nederland en die Wallace-gesin van Skotland gestig.

Van der Wiel, wat self kanker oorleef het, het ’n sagte plekkie vir Suid-Afrika. Sy het reeds regoor die land met haar motorfiets gereis om kinders met kanker te ondersteun. Plaaslike motorfietsryers wat ook gehelp het, was Coetzee Zietsman, Sonja Houy en Elleen Zietsman.

Klein Monya het dolgelukkig gelyk toe Van der Wiel ’n blou teddiebeer aan haar oorhandig. Dié nuwe speelmaat het Monya besluit om Roe te noem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button