Kleur kraai koning by Avant Garde Blommeklub
Hierdie klub kan van enige blom-entusias 'n kenner maak.
Somer is amper in volle swang, hiervan getuig kleurvolle bloeisels en blare regoor Kempton Park.
Een groep blomme-entusiaste wat beslis hieruit genot put is die Avante Garde Blommeklub wat elke tweede Dinsdag van die maand om 9.30vm by Allen Park Aftree-Oord in Cactuslaan vergader.
Vandeesweek se tema was “kleurespel”, aangebied deur die Gauteng Flora-unie se Ena Hume van Pretoria.
Kleur het beslis op die dag koning gekraai, met helder geel, oranje en selfs pienk en pers rangskikkings te sien.
Buiten haar blommekennis het Hume die klub ook met wyse woorde gelaat: “Onthou ook om goed te wees vir julself.”
Watter beter bederf is daar as die blommeklub? Inwoners wat hul blommekennis wil laat groei kan voorsitter Marita Barnard by 011 972 1318 of onder-voorsitter Lulu Pieterse by 082 761 8116 skakel. Kostes beloop R300 per jaar en die klub se jaarprogram het in Augustus begin.
