Wat ’n jaar was dit nie vir Hoërskool Jeugland se revuegroep nie.
Met die temanaam This is Us, kon jy net die beste verwag. Die groep het vanjaar al wat ’n kompetisie waaraan hulle deelgeneem het, gewen.
Die Jeugies het afgeskop met die Kempton Park Kunswedstryd waar hul 99 persent behaal het en as itemwenners aangewys is.
Darrna het die onderwysdepartement se kunswedstryd, Segarona, gevolg waar hulle ook die kompetisie gewen het.
Een van die grootste kompetisies is die provinsiale revue-kompetisie, Kaleidoscope in Pretoria. Die Jeugies het aan die hoërskoolafdeling deelgeneem en met 92.40 persent die afdeling ingepalm.
Die hele jaar se oefening en optredes het gelei na hul grootste optrede, die nasionale revuekompetisie Revue! van Lefra-produksies wat op KykNet Nou! uitgesaai is. Dit was die seisoen se hoogtepunt.
As die verdedigende kampioene het Jeugland nie teleurgestel nie en weer die hoërskoolafdeling gewen en is ook as algehele wenners aangewys.
Die personeel agter die skerms was Sophia Smit, Julie Ruthven, Zelna du Plooy, Madelein Beetge, Mercia Austin en Mariska Coetzee.
