Marko Lombard en Morné Jacobs besig om die Impies se bokse by die skool op te laai.
Laerskool Impala se gunsteling en grootste uitreikprojek gaan meer as 400 kinderharte weer vanjaar bly maak.
Die Impies het vanjaar vir die derde keer aan die Santa Shoebox-projek deelgeneem en 434 bokse met kinderskenke is geskenk.
Gedurende die Oktober-skoolvakansie het personeel en leerlinge by die skool bymekaar gekom om die bokse vir aflewering by ’n sentrale depot te laai.
Die bokse sal in Desember aan minderbevoorregte kinders uitgedeel word.
Hierdie gewillige hande het saamgewerk om die 434 geskenkbokse vir aflewring op te laai. Voor: Rudi du Plooy, Charné Fourie, Karla du Plooy en Amy-Lee Fouche. Middel: Christelle le Roux, Marko Lombard, Tiaan Jacobs, Ruan Pienaar, Armandt du Preez, Jaco van Rensburg, Morné Jacobs en Karmen du Plooy. Agter: Lawrence Smith, Willem Jacobs, Derek Steffens, Lourens van Rensburg, Dewald Bodenstein, Edric Hageman en Grant Duncan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!