’n Graad 12-leerder van Hoërskool Jeugland was onder die top 20 in Suid-Afrika in Alpha-wiskunde tydens die afgelope November-eksamen.
Tebogo Matlou het 95% behaal.
Ses ander leerders het ook 80% en meer behaal. Hulle is Conrad Schoeman van Hoërskool Kempton Park met 93%, Dominique Fraser van Hoërskool Jeugland met 84%, Jay-Jay Beytell van Hoërskool Kempton Park met 81%, Caitlin Slawson van Hoërskool Jeugland met 80% en Britney Bulkin en Stephan Jonker van Hoërskool Kempton Park met 80% elk.
Alpha-wiskunde (voorheen addisionele wiskunde) is ’n buite-kurrikulêre vak wat aangebied word aan leerders met ’n besondere belangstelling in wiskunde. Alpha-wiskunde wil die sprong tussen skoolwiskunde en universiteitswiskunde verklein.
Leerders wat beoog om in studierigtings soos aktuariële en handelsrigtings, ingenieurswese, toegepaste wiskunde en rekenaarwetenskap te studeer, word deeglik voorberei vir verdere studie.
