Dié Kempies het vanjaar die top prestasies in sport by die skool gelewer. Hulle is Chanté Dixon (junior meisie), Nicko Venter (junior seun), Anika du Plessis (senior meisie) en Cameron Taylor (senior seun).
Hoërskool Kempton Park se kultuurseuns en -meisies vir 2018 is Dané Schutte (senior meisie), ChaunD du Plessis (junior seun), Mia Gildenhuys (junior meisie) en Wiehann Mienie (senior seun).
Conrad Schoeman is as Hoërskool Kempton Park se 2018 Dux-leerling aangewys. Skoolhoof Roelof Burger het sy trofee aan hom oorhandig.
Die leerders van Hoërskool Kempton Park is as die veelsydigste Kempies op die sportveld in 2018 aangewys. Hulle is Chanté Dixon (junior meisie), Nicko Venter (junior seun), Leané van Jaarsveld (senior meisie) en Claude Pretorius (senior seun).
Dié Kempies is aangewys as die veelsydigste leerlinge in Graad Agt to 11. Hulle is Bianca Opperman (Graad Agt), Julius Dercksen (Graad Nege), Chanté Venter (Graad 10) en Kyla Meyer (Graad 11).
Claude Pretorius is as die veelsydigste Kempie vir 2018 aangewys. Die skoolhoof, Roelof Burger, het die beheerliggaamtoekenning vir veelsydigheid aan hom oorhandig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!