NewsSchools

Nuwe hoof sal Impies na hoër hoogtes vat

Met Express se besoek is hy nie in sy ruim kantoor te kry nie, maar op die skoolstoepe tussen die leerders.

Mpumalanga-plaasseun Willem Jacobs het op die skoolbanke van ’n laerskool in Standerton daarvan gedroom om eendag ’n vlieënier te word.

Vandag is dié 34-jarige Allen Grove-inwoner die vlugkaptein van Laerskool Impala, wat vernoem is na die eerste straalvliegtuig wat in Suid-Afrika vervaardig is.

Jacobs se droom is nou om sy eie voetspore te laat by dié laerskool in Van Riebeeckweg.

“Ek wil Impala-leerders laat tuis voel. Dit moet ’n plek wees waar leerders hulself kan uitleef in als wat hulle aanpak.”

Die Impies se nuwe skoolhoof is uitgeknip vir hierdie taak. Met Express se besoek is hy nie in sy ruim kantoor te kry nie, maar op die skoolstoepe tussen die leerders.

‘n Jong Willem Jacobs wou graag ‘n vlieënier word, nou sit dié nuwe skoolhoof aan die stuur van Laerskool Impala, wat vernoem is na die eerste straalvliegtuig wat in Suid-Afrika vervaardig is.

“Dit is vir my baie belangrik om nie kontak met die kinders te verloor nie,” verduidelik die natuurwetenskap-onnie, wat sal voortgaan om klas te gee.

Voor sy skuif na Kempton Park het Jacobs saam met sy vrou Bianca en dogter Bia-Belle (1) in Bedfordview gewoon, waar hy adjunkhoof van Leeuwenhof Akademie se laerskool was.

“Ek was vir agt jaar by Leeuwenhof en het alles bereik wat ek kon. Ek was lus vir ’n nuwe uitdaging,” vertel hy oor sy skuif na die Oos-Rand.

Volgens Jacobs is hy en sy gesin met ope arms ontvang.

“Ons is met opregte hartlikheid deur ons gemeenskap verwelkom. Ek het nog nie ’n slegte ervaring hier gehad nie.”

Wanneer Jacobs nie bedrywig by die skool is nie, spot hy dat hy bababottels was en graag tyd met sy gesin spandeer. Hy bly ook getrou aan sy plaasjapie-dae deur in die tuin te werk en kyk graag rugby. Kempton Parkers hoef nie bekommerd te wees nie, dié nuwe hoof is ’n kranige Leeu-ondersteuner.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button