NewsSchools

Impies trots op sy revue-groepe

Puik opvoerings is weekliks deur beide groepe gelewer.

Laerskool Impala se revue-groepe was voorwaar ’n toonbeeld van energie tydens vanjaar se kompetisies.

Puik opvoerings is weekliks deur beide groepe gelewer, van die kunswedstryd tot by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Die junior groep is as naaswenners by Kempton Park Kunswedstryd en by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe aangewys, asook as wenners in die ervare afdeling van die Kaleidoscope Revuekompetisie in Tshwane.

Die groep se afrigters is Sherise van Rooyen, Mariska Conradie en Odette Veldtman.

Die senior groep was die wenners by Kempton Park Kunswedstryd met ’n punt van 99 persent. Hulle afrigters is Marissa van Deventer, Bianca Kaggelhoffer, Leandrie Snyman en Simoné Taljaard.

Die senior revue-groep van Laerskool Impala.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button