Local newsNews

CAD-lede word beloon vir hul volgehoue soberheid

Die plaaslike groep vergader een keer ’n week.

Tydens die jaarlikse afsluitingsfunksie van die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is lede vir hul soberheid beloon.

CAD is ’n ondersteuningsgroep vir herstellende middelafhanklike persone en hulle gesinne.

Kempton Park se tak vergader elke Maandagaand om 7nm by die Gereformeerde Kerk Kempton Park in Huggettstraat.

CAD-lede wat vir hul soberheid beloon is, is Marlon Harper (een jaar), John Malan (twee jaar), Erika Coetzee vir haar oorlede man Chris Coetzee (ses jaar), Maans Booysen (agt jaar), Nic du Plessis (nege jaar), Ben Lubbe (15 jaar), Johan de Villiers (16 jaar), Arie Basch (16 jaar), Ockert Olivier (22 jaar) en Roelf Jansen van Vuuren (22 jaar).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button