Laerskool Impala en sy leerders het met verskeie toekennings by vanjaar se Ekurhuleni-Noord distrikstoekennings vir sport en kultuur weggestap, waaronder Kultuurlaerskool van die Jaar.
Die skool was ook die Sportlaerskool van die Jaar.
Die volgende atlete en afrigters het toekennings ontvang:
Declan Nel (eerste laerskool Sportseun van die Jaar); Caylin Olivier (derde laerskool Sportmeisie van die Jaar); Armandt du Preez (derde Afrigter van die Jaar, laer- en hoërskole saam); derde Sportspan (jukskei) van die Jaar, laer- en hoërskole saam; Tres-Jolie Hougaard (eerste Tegniese Sportsbeampte van die Jaar, laer- en hoërskole saam); Andrea Jansen van Vuuren (eerste laerskool Sportmeisie van die Jaar); Lukas Janse van Rensburg (tweede laerskool Sportseun van die Jaar).
Kultuurtoekennings:
Lara Engelbrecht (derde laerskool Kultuurmeisie van die Jaar), Ruanco Ueckermann (eerste laerskool Kultuurseun van die Jaar), Layla Venter (tweede laerskool Kultuurmeisie van die Jaar).

