NewsSchools

KYK: Kempies laat hoor hul gees op Jacaranda FM

Die Kempies was al 6.30vm Maandagoggend by die skool, maar dít kon hul opwinding nie demp nie.

Die gees het Maandagoggend sommer vroeg-vroeg by Hoërskool Kempton Park gekook waar die Jacarada FM-ontbytspan hul Breakfast with Martin Bester-program uitgesaai het.

Die Kempies is finaliste in hierdie radioprogram se My School Rocks-kompetisie, en staan ’n kans om ’n partytjie vir die skool ter waarde van R100 000 te wen. Die wenskool sal ook met R100 000 se lugtyd wegstap.

“Ek was nou al by ’n paar skole, maar hierdie is next level,” het omroeper Martin Bester aan die opgewonde leerders gesê, nadat hulle hom met die Kempiekreet beïndruk het. Dié kreet is direk aan die Jacaranda-luisteraars uitgesaai.

Terwyl Bester op die teerblad besig was, het sportsomroeper Elma Smit die Kempie-snoepie se Kempie Special gaan uittoets. As sy van hierdie slaptjips, spekstukkies en gesmelte kaas-spesialiteit hou, sal dit in die Kempies se guns tel.

Hulle word ook punte gegee vir die koffie wat die ontbytspan by die skool ontvang het, die leerders se sosiale media-betrokkenheid, die geluid van die skoolklok en natuurlik die skool se gees.

Lees ook:

KYK: Kempies word stil vir Hoërskool Driehoek

Die Kempies het verseker die g-e-e-s gehad, daarvoor het die dirigente en twee nuwe mascots – twee bye – gesorg. Selfs komediant Schalk Bezuidenhout was te sien.

“Ek kom in vrede,” het die oud-Jeugie vir die skool gesê.

Voordat die skoolgees ordentlik kon inskop, het die leerders eers ’n oomblik van stilte vir die oorledenes van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark gehou. ’n Kers is ook opgesteek en die leerders sal vandeesweek strikkies dra om te wys dat hulle aan die skool dink na die brugtragedie.

Die ander skole wat ook aan die kompetisie deelneem, is Hoërskool Waterkloof, St Andrew’s School for Girls, Hoërskool Bekker enHoërskool Linden.

Hier is nog foto’s

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button