Local newsNews

KYK: Kempies word stil vir Hoërskool Driehoek

Die Kempies het vir die Jacaranda FM-ontbytspan gewys hulle het gees, maar nie voor 'n oomblik van stilte vir hul mede Gauteng-skoliere nie.

Hoërskool Kempton Park het Maandagoggend (4 Februarie) ‘n minuut van stilte gewy aan die vier oorledenes van die Hoërskool Driehoek-brugtragedie.

Die Kempies moes vir die Jacaranda FM ontbytspan wys dat hulle gees het, maar nie voordat hulle aan die skool in Vanderbijlpark gedink het nie.

“Ek vra ook dat julle asseblief hierdie week geel en pers strikkies dra,” het skoolhoof Francois de Kock aan die leerder gevra. Skole regoor Suid-Afrika het op sosiale media gewys dat hulle só hul steun vir die hoërskool  sal wys.

Na die oomblik van stilte het Kempies se hoofmeisie Kyla Meyer en hoofseun Marcus Petersen ‘n kers aangesteek ter herdenking aan die kinders wat gesterf het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button