AfriForum teenboelieveldtog besoek Laerskool Edleen
Dit is vir ons baie belangrik om boeliegedrag aan te pak en om die leerders meer bewus te maak van wat afknouery werklik beteken.
AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 4 Februarie by Laerskool Edleen besoek afgelê.
Dié veldtog dien ter bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.
Lees Ook:
“Elke leerder by Laerskool Edleen is spesiaal en uniek. Ons wil hê dat hulle ander moet behandel soos wat hulle self ook behandel wil word en mekaar die geleentheid gun om hul volle potensiaal te bereik,” sê Jacques van Deventer, departementshoof opvoedkundige leiding by Laerskool Edleen.
“Dit is vir ons baie belangrik om boeliegedrag aan te pak en om die leerders meer bewus te maak van wat afknouery werklik beteken. AfriForum se uitstekende teenboelieprogram het ons beslis hiermee gehelp en ons onderwysers sal ook by die teenboeliegids baat vind.”

