Local newsNews

NG Gemeente Kempton Park-Noord hou sy se jaarlikse basaar

Die tema van vanjaar se basaar is ’n dorp.

Die NG Gemeente Kempton Park-Noord is hard aan die werk met die voorbereidings vir sy jaarlikse basaar.

Die basaar vind op 2 Maart vanaf 9vm by die kerkgebou, Highveldweg 99 plaas.

Die tema vir vanjaar se basaar is ’n dorp. Strate word uitgelê en winkels opgerig. Jy kan dus lekker deur die strate drentel terwyl jy al die ware besigtig, en dit alles binne die kerksaal.

Die hongeriges en dorstiges kan iets koop en by die straatkafeetafels gaan sit en dit nuttig.

Die tuisgebak, soos koeke, terte, beskuit en brood, is van top gehalte. Daar is nou al ’n tradisie om gewone en “warm” kerrie-en-rys voor te sit en dit dalk aan te vul met ’n sterk blatjang uit Clackie se stal.

Basaarpoeding, jaffels en pannekoek is ’n groot gedeelte van ’n suksesvolle basaar en saam daarmee natuurlik die boereworsrolle en hamburgers.

Die witolifanttafel gaan weer baie winskopies aanbied en drie oorspronklike lappoppe, elkeen met haar eie naam en geskiedenis, gaan besonders wees, veral vir die versamelaar. Die poppe is reeds meer as 40 jaar oud.

Vars lamsvleis en tuisgemaakte boerewors sal ook te koop wees. Hierdie boerewors is elke jaar ’n wenner en gewoonlik is dit gou uitverkoop.

Vir die kinders is daar paint ball en ander speletjies. Kom wys ook jou bestuursvernuf met die Racing Gaming Console. Die springkasteel sal ook daar wees om die kinders se energie te tap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button