KYK: VLU-konferensie besluit dis tyd vir ‘n nuwe era
Hierdie besluit is onlangs by die unie se 24ste Goudrif-streek konferensie bespreek.
Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Goudrif-streek het sy 24ste konferensie op 2 Maart by die NG Kerk Edleen in Okkerneutlaan gehou.
Volgens die Birchleigh-tak se voorsitter, Blossom Jordens, het die vroue onder meer bespreek dat die VLU ’n nuwe era moet ingaan.
“Die tweede volume van die VLU is geskryf en ons gaan nou meer klem op tegnologie lê,” het sy aan Express vertel.
Jordens het ook gesê dat die plaaslike lede verheug was om die VLU se Overvaal-president, Ina Booyse, op die dag te verwelkom.
“Ons is bly en dankbaar dat sy die dag saam met ons kon spandeer.”
’n Prysuitdeling het ook plaasgevind en lede het diensknopies vir 30-jaar, 40-jaar en 50-jaar lidmaatskap ontvang.
Tussendeur die bedrywige program was lede ook bederf met ’n optrede deur kunstenaar Ronell Erasmus.
Daarna het hulle by pragtige gedekte tafels aangesit vir ’n high tea met styl; hoedens en al.
Jordens moedig vroue van enige ouderdom aan om ook by die VLU aan te sluit.
“Ons het iets vir almal. Vroue kan my nommer sommer op speed dial sit as hulle betrokke wil raak.”
Haar nommer is 082 781 4182.

