Te veel pryse om te dra. Julie Louw is vanjaar as algehele wenner van verskeie VLU-kompetisies aangewys.
Lede van Kempton Park Vroue Landbou-unie (VLU) het Donderdagoggend by die NG Kerk Kempton-Kruin bymekaar gekom vir hul jaarlikse prysuitdeling.
Die ster van die dag was beslis Julie Louw, wat arms vol pryse opgeraap het. Louw is, onder andere, as die algehele wenner aangewys.
Lede is ook vir hul jarelange diens aan die VLU vereer, en diensknopies vir 10-jaar diens, 30-jaar diens en 40-jaar diens is uitgedeel.
Annette Stroebel en Elaine van der Merwe het hul 10-jaar knopies gekry, Jozzie van Staden en Stienie Kimberger hul 30-jaar knopies en Louw haar 40-jaar knopie.
Hierdie VLU-lede het hul diensjaartoekennings ontvang. Hulle is Annette Stroebel (10 jaar), Julie Louw (40 jaar), Jozzie van Staden (30 jaar), Drienie von Wielligh (10 jaar), Suzaan van Wyk (40 jaar), Emmie van Zyl (voorsitter), Stienie Kimberger (30 jaar) en Elaine van der Merwe (10 jaar).
Hierdie VLU-lede het as pryswenners weggestap. Hulle is Jozzie van Staden, Marina Bessinger, Laetitia Marais, Marina de Wet, Julie Louw, Miemie van der Walt, Annette Stroebel, Elske Heyneke en Lulu Pieterse (Debbie du Toit en Magriet Fourie was afwesig).
Wat is ’n VLU sonder sy bestuur? Agter is Magda Sliep, Rita Wessels, Julie Louw, Rea Pieterse, Kathy van Rensburg (tesourier), Marina Bessinger, Elske Heyneke, Marie de Villiers, Marina de Wet en Julie Louw. Voor is Marlene Huyzers (sekretaresse), Emmie van Zyl (voorsitter) en Lulu Pieterse (vise-voorsitter).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!