Local newsNews

AfriForum kry nuwe wiele en waentjie

Volgens die plaaslike AfriForum is goeie werk op pad, so hou 'n ogie uit vir die bakkie en waentjie.

Wanneer Kemptonparkers ’n splinternuwe AfriForum-bakkie met ’n waentjie sien, kan hulle maar weet dat goeie dinge in werking is.

Volgens Jan Vermaak, voorsitter van AfriForum Kemptonpark, het die besluit om ’n nuwe bakkie vir gemeenskapsprojekte te koop as ’n grap begin.

“In September het ons ’n boomplant-maand. Hoofkantoor het vir ons die bome kom aflaai en gegrap dat ons self ’n nuwe bakkie sal moet kry,” het Vermaak vertel.

Nou is hierdie grap ’n realiteit en nogal sonder skuld gekoop.

“Ons sal die bakkie gebruik vir vullisverwydering, om gate in die pad reg te maak, you name it,” het ’n trotse Vermaak gesê.

Die kersie op die koek is beslis die bakkie se waentjie wat trots geborg is deur die plaaslike Family Fitness.

“Ons is bly dat die dorp skoongehou kan word en ons is trots om ons naam op die waentjie te hê,” het die gim se adminbestuurder, Cecile Niemann, aan Express gesê.

Vermaak het geterg dat die waentjie miskien deur die modder gesleep sal word, maar beslis nie die borg se naam nie. En néé, het hy bygevoeg, die bakkie het nog nie ’n naam nie. Daaraan werk hulle nog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button