KYK: A+ Akademie in Van Riebeeck Park vier storieboekdag
Peter Pan en Tinkerbell het ook ’n verskyning gemaak, met Batman, The Flash en ’n grasgroen padda kort op hul hakke.
Kleuters van die A+ Akademie in Van Riebeeckpark was Vrydagoggend nêrens te sien nie. Dié kindertjies is vervang met oulike sprokieskarakters.
Daar was ’n Sneeuwitjie, Aspoestertjie, Raponsie en ’n hele paar prinse en feëtjies. Peter Pan en Tinkerbell het ook ’n verskyning gemaak, met Batman, The Flash en ’n grasgroen padda kort op hul hakke.
Volgens skoolhoof Renda Viljoen het die sowat 60 leerders só aangetrek om storieboekdag by die skool te vier.
“Elke kind het ’n boek saamgebring om vir ons boekrak te skenk,” het die juffrou, aangetrek soos Rooikappie met ’n mandjie en al, aan Express vertel.
“Ons wil die kinders graag leer dat boeke belangrik is en dat hulle dit met respek moet hanteer,” het Viljoen bygevoeg. Sy was nie die enigste onnie wat die dag saam met die kinders geniet het nie. Een juffrou was ’n dwergie en die ander ’n meermin; pienk stert en al.
Hier is nog foto’s van die kleintjies
